Angela van Bengale, her properties and possessions at the time of her death in 1720

Transkripsies uit die VOC-verhaleskat, Nationaal Archief Zuid Afrika

deur Helena Liebenberg, translation from Afrikaans to English deur Jesse Haye (A work in progres!)

fragmenten van die spreekbeurt voor die Orde van den Prince,
Afdeling Kaap de Goede Hoop
Huis der Nederlanden, 3 Mei 2008

 

 

1. Inleiding

Sedert 2001 toe ek kennis gemaak het met hierdie werk, is ek – en my kollegas deel waarskynlik hierdie gevoel met my – voortdurend getref deur die kaleidoskoop van taferele wat een na die ander gevul met soveel mense, deur my vingers heen kon ontsnap aan die geslote blaaie van die ou dokumente om in die vorm van woorde en sinne voor my oë op die rekenaarskerm gestalte te kon aanneem. Ek beskou dit as ’n groot voorreg om op hierdie wyse deel te kon hę aan die wel en weë van die mense van die Kaap, afgesien daarvan of hulle seewaarts of landwaarts hier aangekom het. Op dié plek is daar geanker en veranker; geleef, gelag en gewerk; gehuil, getreur en gesterf – in verskillende volgordes en oor verskillende tydperke heen. Dit was die aan-land-kom-plek van derduisende mense sedert Jan van Riebeeck en sy geselskap met hul drie skepies in 1652 hier vasgemeer het, voorafgegaan deur die seevarende Portugese wat hul klipkruise oral langs die Afrikaanse kus agtergelaat het. Voeg hierby die inheemse groepe met vaste weiveld vir hul kuddes in die omgewing van die nedersetting, en die werklikheid om handel te dryf en op verskillende wyses kennis te maak met die inkommers.

Diegene wat hulle in Cabo de Boa Esperance, Cabo de Goede Hoop, kom vestig het of hierheen gestuur is (vrywillig of onder dwang), het byna uitsluitlik gekom uit die Weste en die Ooste om mekaar hier – aan die suidpunt van Afrika – te ontmoet. Dié uit die Weste het hul Europese plekname van herkoms saamgebring, onder andere Amsterdam, Zeeland, Calais, Hamburg, Leipzig, Groningen, Bergen op Zoom, Frankfurt, Canton Bern, Hessen Kassel, Kopenhagen, Leeuwarden en Altona. Dié uit die Ooste het hul Verre-Oosterse plekname van herkoms saamgebring, onder andere Cochin, Tuticorin, Surat, Palicat, Galle, Colombo, Hooghly, Malakka, Nias, Dapoer, Ternate, Ambon en Banda.

Ek het egter met verloop van tyd al hoe meer tot die besef gekom dat dit nie net ménse uit die Ooste en die Weste is wat mekaar hier ontmoet nie, maar dat die twee grootste oseane waarvan die name male sonder tal in ons werk voorgekom het, ook hier aan die suidpunt van Afrika ineenvloei: die Indiese van die Ooste en die Atlantiese van die Weste. Vir my altans, is dít op sigself ’n saak met ’n veel ouer en gewigtiger betekenis, omdat hierdie oseaanname klanklik byna ooreenstem met dié van twee groot beskawings wat duisende jare gelede bestaan het, naamlik dié van die Indus en dié van Atlantis. In elk geval is ons as erfgename van die uitgestrekte Indo-Europese kultuur- en taallandskap deel van hierdie gemeenskaplike verbondenheid wat in ’n verre verlede gesetel lę.

2. Inwoners van Kaap de Goede Hoop

Die getranskribeerde werk, en nou verwys ek na sowel die TANAP- as die TEPC-projek, bevat geweldig baie inligting oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Daar was bykans nie ’n saak in die Kaapse samelewing wat aandag geverg het nie, of dit is deur die Politieke Raad bespreek. Wat die twee projekte betref, was die Politieke Raad, Weeskamer en Justisie die hoofrolspelers.

Die aanvanklike en opvolgende reekse waaruit ons gewerk het, het uiteindelik daarop neergekom dat nie een van die groepe inwoners aan Cabo uitgesluit is nie, en aan elkeen is gelyke geleenthede en aandag geskenk, naamlik die inheemses, VOC-dienaars, vryburgers, slawe en bannelinge.
Kruisverwysing is een van die groot bates van ’n projek soos TEPC in samehang met TANAP. Die moontlikheid van sodanige verwysing na dieselfde persoon of voorwerp in verskillende dokumente uit verskillende reekse, word aansienlik vergroot deurdat daar so ’n geweldige hoeveelheid gegewens beskikbaar is uit die vyf reekse argiefmateriaal wat, al is dit slegs gedeeltelik, getranskribeer of geďndekseer is. Nie alleen vul die een primęre bron die ander aan nie, maar die gegewens kan ook onderling vergelyk word om die betroubaarheid daarvan te toets en te bevestig al dan nie. Dit het talle kere gebeur dat ’n bepaalde persoon se naam op verskillende plekke in verskillende reekse dokumente opduik. So was dit dikwels moontlik om die stukkies en brokkies bymekaar te pas en ’n kykie te kry, selfs al was dit hoe beperk, op ’n individu se doen en late.

In elke groep wat ek noem, word een of twee persone uitgesonder en kortliks bespreek.

2.1 Inheemse stamme

Volgens Jan van Riebeeck se Daghregister maak hy reeds op 6 April 1652 met die inheemse bevolking kennis. Van Riebeeck het aan land gegaan om te kyk waar hy ’n fort sou bou. Twee Strandlopers het saam met hom aan boord gekom en kon in gebroke Engels kommunikeer. Volgens die Daghregister is die eerste proklamasie wat in die Kaap voorgelees en aangeplak sou word, tydens die Raadsvergadering op 8 April uitgevaardig. Daarin het gestaan dat ’n fort opgerig sou word en dat daar in vrede met die inheemse bevolking geleef moes word. Volgens die Daghregister het die Nederlanders op 10 April met die mense van “Saldinia” kennis gemaak.

Eva van Herrijs volcq

Die VOC-dienaars se eerste kennismaking en onderhandelinge met inheemse groepe het plaasgevind met die hulp van Khoi-tolke, onder andere Doman (op eie versoek Anthoni genoem), Herrij (Outshomao), Claes Das en Krotoa wat deur die Nederlanders deurgaans Eva genoem is.

Op 23 Junie 1658 word gemeld van “den tolcq Doman alias Anthonij” wat van “Caepmans ende Eva van Herrijs volcq is (hoewel haar moeder in Caepmans leger woont)” (C.1) Op 2 September 1658 word sy beskryf as “de tolckinne Eva" (C.1). Dit blyk uit die Resolusie van 18 Sept. 1658 dat Herrij “sijn nichte de tolckinne Eva (die) in des Commandeurs huijs woonende”. Sy het blykbaar vir tye na haar mense teruggegaan want op 30 Okt. 1658 word genotuleer van “de tolckinne Eva (gister avondt uijt landt wederom gekeert)” (C.1). Deur Eva en ander inheemses het die nedersetters gehoor van die Choboquas wat goud, pęrels en ander rykdom besit het, dat die Namanas oftewel Namaquas in steenhuise woon, 30 dae se reis ver is, dat hulle wit bereide velle dra, “ende ook hebbende na Evas seggen kercken daer se Godt in bidden gelijcq de Hollanders doen”. Hierdie mense wat “witachtigh met lancq haer” was, het swart slawe gehad wat allerhande handwerk gemaak het waarmee handel gedryf is, ook met olifanttande en beeste. Hierdie mense wou weer graag onder andere rooi- en geelkoperdraad, asook rooi krale in die hande kry (C.1).

Haar taalvaardigheid was van groot nut, aangesien sy as tolk tussen die nedersetters en haar eie mense kon optree. Sy word in vier Resolusies hierna tot in Januarie 1660 as “tockinne” beskryf (C.1 en C.2). Ofskoon Eva eers later as Christen gedoop en aangeneem is om daardeur die gelyke van ’n vryburger te word, het sy deurentyd haar tolkdiens gelewer. Op 12 April 1664 word genotuleer dat “Pieter van Meerhoff van Coppenhaegen ondercherurgijn ende de Hottentoose tolckinne Eva haer se saemen in trouwbelofte hebbende begeven”. Daar word ook geskryf van Eva wat “een bruijtsgave” van vyftig riksdalers ontvang het, waarna daar ’n “vrolijcken maeltijt” aangebied is. Uit die teks word afgelei die troue daartoe kon lei om “deese inlantse natie tot ons meer ende meer sullen g’animeert worden” (C.3).

Van Meerhof was superintendent van die gevangenis op Robbeneiland (C 3). Die volgende inligting is uit ’n sekondęre bron verkry: Nadat haar man tydens ’n binnelandse ekspedisie die lewe gelaat het, het Eva in September 1668 saam met haar kinders van Robbeneiland af teruggekeer na die vasteland waar hulle vir ’n ruk gewoon het. As drankverslaafde het sy die Kasteel verlaat en by haar familie in die krale gaan woon. Sy is in Februarie 1669 in the Kasteel aangehou en daarna na Robbeneiland verban waar sy in 1674 oorlede is.

Die eerste woord wat sedert haar huwelik in 1664 oor Eva in die Resolusies gerep word, was op 14 Julie 1677 toe daar verwys word na Daniel Zaaijman op Mauritius en dat Bartholomeus Borms versoek is om “de 2 onmondige ouderlose kinderen van saliger Pieter Meerhoff (bij sijn vrouw een Hottentottine Eva geprocreert)” saam met hom na die eiland te neem. Een van die kinders was die later bekende Petronella van Meerhoff. In die Resolusie van 1 Maart 1707 word verwys na heemraad Bokkelberg (C.25). Die laaste melding in die Resolusies oor Eva verskyn in die voetnoot oor hom wie se eerste vrou, Magdalena Zaayman, ’n kleindogter van Eva en Pieter van Meerhoff was.

2.2 VOC-dienaars

Diegene wat in 1651 die vaart na die Kaap meegemaak het, was van die eerste VOC-dienaars met wie daar in die Resolusies kennis gemaak word.

In die beginjare het die nedersetting se bevolking net uit VOC-dienaars en hul gesinne bestaan. Die getal VOC-dienaars het geleidelik toegeneem. In 1701 was daar net meer as 500. Die grootste personeelgroei vind gedurende die laat 1780’s plaas: in 1789 was daar bykans 3,400 VOC-dienaars in die Kaapkolonie werksaam. Daarna het die Kompanjie om koste te bespaar die getal met meer as 1,000 persone besnoei. Namate die grense van die nedersetting verskuif het, is poste op verskillende plekke aan die voorpunt van die uitbreiding ingerig. Die poshouer het aan die hoof van so ’n (buite-) pos gestaan. Die name wat destyds aan die poste gegee is, is vandag nog bekende plekname in die Wes-Kaap, onder andere Soutrivier, Robbeneiland, Dasseneiland, St. Helenabaai, Piketberg, Houtbaai, Muizenberg, Vissershok, Gansekraal, Klapmuts, Riviersonderend, Buffeljagtsrivier, Soetmelksvallei, Rietvallei, Tijgerhoek en Outenikwaland. Die VOC-fort by Rio de la Goa in Mosambiek was die pos wat die verste van die Kaap geleë was.

Om te sorg dat handel as die VOC se hoofdoelwit bedryf kon word, was militęre beskerming van hierdie belange noodsaaklik. Dieselfde het ook aan die Kaap gegeld. Omdat die VOC aangewese was op buitelanders as soldate, was daar aan die Kaap ’n aansienlike aantal soldate uit onder andere Swede, Denemarke, Noorweë, Vlaandere, die Baltiese state, en die Duitse gebiede afkomstig. Die VOC-verdedigingstruktuur aan die Kaap is van tyd tot tyd getalsgewys deur dienaars van goedgesinde moondhede versterk.

Rudolf Siegfried Allemann (1693-1762)

Rudolph Siegfried Allemann was seker een van die bekendse militęre figure aan die Kaap. Hy was op die kruin van sy beroepslewe tydens die twee dekades wat Ryk Tulbagh goewerneur aan die Kaap was.

Volgens die VC-databasis is Allemann se persoonlike besonderhede in die monsterrolle aanteken tussen 1730 en 1762 met enkele jare tussenin wat ontbreek. In die VC’s word sy geboorteplek aangegee as Neuendorf, wat ook op ’n verskeidenheid maniere gespel is, onder andere as Nijentorf, Negentorf Nayentorf, Weyentorff, Meijendorff, Nijmtorf and Nijendorff. Neuendorf is egter nie ’n unieke pleknaam in Duitsland nie, want daar is ’n Neuendorf in Bavaria, een in die Rynland en nog een in Sakse-Anhalt. In Allemann se testament is Neuendorf ook as sy geboorteplek aangegee, hoewel die Duitse navorser Werner Schmidt-Pretoria, beweer dat Allemann op Bergholshausen in Wesfale, Pruisse gedoop is, en nie in Neuendorf nie.

Allemann was reeds ’n luitenant in die Pruisiese lëer voordat hy deur die VOC in diens geneem is. Sedert Allemann se aankoms in 1720 as VOC-soldaat het hy stap vir stap in sy beroep gevorder. Op 32-jarige leeftyd word hy bevorder tot “corporaal” (4 Sept. 1725, C.73) en word beskryf as “sijnde een man van nugtere bequaamheijd” (4 July 1725, C.73). Daarna word hy agtereenvolgens sersant (1728), vaandrig (1729) en luitenant (13 December 1735, C.99). In 1740 word hy hoof van die garnisoen en toe “provisioneele capiteijn deeses Casteels” (14 Februarij 1741, C.116). In 1742 is hy bevorder “tot capitain militair deeses Casteels” (C.120), die hoogste militęre rang aan die Kaap. Hy was gevolglik verantwoordelik vir die verdediging en beveiliging van die Kaap teen aanvalle uit die binneland of van die seefront af. As gevolg van hierdie aanstelling word hy lid van die Politieke Raad, in welke hoedanigheid sy handtekening die eerste keer in die Raadsvergadering van 7 Januarie 1744 verskyn. Op 9 Julie 1742 (C.121) word genotuleer dat Allemann “een stukje lands” met die naam “Sonneblom” as eiendom ontvang, en op 8 Oktober 1743 (C.121) dat slegs 5 van die 12 morg bruikbaar was.

Volgens die VC-lyste word sy naamgenoot, Rudolf Siegfried Alleman junior, wat ook ’n VOC-dienaar was, die eerste keer in 1753 in die monsterrolle aangeteken. In die lyste kom die name van ander Allemann-familielede ook voor, naamlik Nicolaas Anthoon, Fredrik Willem en Jacobus Philippus.

Allemann senior se persoonlike besonderhede verskyn die laaste keer gedurende die eerste helfte van 1762 in die monsterrolle, aangesien hy op 22 Julie daardie jaar in die ouderdom van 69 jaar in die tuig oorlede is. Die kennisgewing van sy afsterwe is genotuleer tydens die Raadvergadering gehou op 10 Augustus (C.140).

2.3 Vryburgers

Volgens opdrag van die Here Sewentien moes Jan van Riebeeck ’n fort bou, ’n hospitaal vir siek seelui oprig, vrugte- en groentetuine aanlę, koringlande voorberei om graan aan die skepe te voorsien, en beeste deur ruilhandel met die Khoi in die omgewing van die nedersetting verkry. Dit het hy gedoen – na die beste van sy vermoë.

Van Riebeeck het egter gou na sy aankoms, al in 1652 en 1653, gewens dat die Bewindhebbers vir hom “vrije luijden” sou stuur om die grond te help bewerk, omdat die VOC-dienaars te min was om al die nodige arbeid te verrig. Aangesien die koringopbrengs aan die Kaap onvoldoende was om in die skepe se behoeftes te voorsien, moes die Bewindhebbers in 1655 vir Van Riebeeck toestemming gee dat van die amptenare uit die diens tree en toegelaat word om koring te kweek by Rondebosch, wat ’n geskikter omgewing was maar ’n ent van die Fort geleë.
ie vryburgers sou vir eie wins werk en bekwamer as die betaalde amptenare boer. Al die landbouers se produkte en beeste moes egter aan die Kompanjie verkoop word. In Februarie 1657 het die eerste nege vryburgers hul plase aan die Liesbeekrivier, wat toe die amptelike grens geword het, ontvang.

Teen 1659 was 84 morg grond al bewerk. In 1662 was daar reeds 60 vryburgers, die meeste koringboere. Die ander vryburgers het hulle in die omgewing van die Fort as onder andere messelaars, kroegbase, skrynwerkers en vissers gevestig.

Die volgende Afrikaanse stamvaders is twee uit duisende wie se gegewens in VOC-monsterrolle verskyn het, maar na afloop van hulle dienstyd ontslag gevra en toe vryburgers geword het:

VC39/2
Monsterrol, 1656
Pieter Vijsagie,
Antwerpen, “bootsman”
Betekenis van sy van:
letterlik ‘gesig’. Dit kon egter ook ’n afleiding wees van die dorpnaam Vis naby Calais, Frankryk.
Pieter Visagie is in ongeveer 1630 gebore waarskynlik as die seun van Guilielmus Visagie en Catharina Wouters van Noorwegenplaats, Lange Schipperskapelstraat, Antwerpen. Hy het voor 1657 met die Koudekerke van Nederland af in die Kaap aangeland. Nadat hy sy ontslag verkry het, het hy as vryburger gaan boer. Hy was getroud met Catharina Kien/Kiens/Kienst van Ter Veere, naby Brussel, en hulle het twee kinders gehad. Hy kom in ongeveer 1681 te sterwe.

Nationaal Archief: 12653
Monsterrol 1700
Willem Willemsz:
van Zijl, Delft, ond:r tuijnier
Betekenis van sy van:
Dit is die naam van ’n dorp in Suid-Holland.
Willem van Zyl is in 1666 in Delft gebore. In 1694 trou hy met Christina van Loveren in die Oude Kerk, Amsterdam. Hy kom waarskynlik in 1697 met sy vrou en twee kinders in die Kaap aan. Die egpaar het ses kinders gehad. Willem van Zyl was die meestertuinier in diens van die VOC en het gewerk op Rustenburg, ’n plaas in die Rondebosch-omgewing. In 1702 koop hy die plaas Rust-en-Vrede naby Simondium. Nadat hy deelgeneem het aan die opstand teen Wilhem Adriaen van der Stel in 1706, is hy en agt ander burgers gedagvaar om voor die hof te verskyn. Toe hulle nie opdaag nie, is elk met 200 riksdaalders beboet en vir 5 jaar na Mauritius verban. Hy was van 1717 tot 1724 heemraad vir Drakenstein. Willem van Zyl is in 1727 oorlede.

2.4 Slawe Slaves

Omdat soveel werk te doen was in dié jong nedersetting en dit steeds toegeneem het namate die Kolonie uitgebrei het, was daar voortdurend ’n groot tekort aan en vraag na arbeiders. Daar was ’n mate van arbeid in die oestyd en later as veewagters, deur die Khoi, maar dit was onvoldoende. Aangesien daar heeltemal te min VOC-dienaars en vryburgers was om die werk te doen, was die enigste uitweg om van slawearbeid gebruik te maak. Slawe is nie net in die Kaap gebruik nie, maar was later ook op die platteland in groot aanvraag.

Because there was a lot of work to done in the young settlement with the incessant growth of the colony, there was a constant shortage and demand for laborers. Some labor was provided by the Khoi at harvest time and later as cowboys, but this was insufficient. Because there were not enough VOC-employees and free burghers to do the work, the only solution was the use of slave labor. Slaves were not only needed at the Cape, but there would be a great demand in the country-side.

Die slawe wat na die Kaap gebring is, was veral afkomstig van die eilande van Indonesië, Bengale in die noordooste van Indië, die Kus van Koromandel in Suid-Indië, Maleisië, Madagaskar en die kuste van Afrika, onder andere Guinee, Angola en Mosambiek. Volgens die slawehandelaars en -eienaars was die slawe uit Madagaskar besonder geskik vir die landbou, terwyl die Angolese slawe swaar arbeid kon verrig. Die slawe uit Indië en sommige plekke in Indonesië is besonder gewaardeer vanweë hul vaardighede as ambagsliede.

The slaves that were brought to the Cape, came in the most cases from the Indonesian islands, Bengale in the north-east of India, the Coast of Coromandel in south of India, Malaysia, Madagascar and the coast of Africa, Guinea, Angola and Mozambique.  According to the slave-traders and owners the slaves from Madagascar were very well suited for agriculture, while the Angolans were good for heavy labor. The slaves from India and some places in Indonesia were appreciated for their skill as artisans.

Die slawe en slavinne van Bengale het na hul vrystelling skynbaar die beste in die Kaapse samelewing gevaar. Die eerste vrygestelde slavinne was Katrina van Bengale, Maria van Bengale en Angela van Bengale. Op 14 Maart 1680 (C.14) word Maria van Bengale se versoek om vrystelling aan die Raad voorgelę en goedgekeur.

The freed slaves from Bengal apparently easily melted into society at the Cape. The first freed slaves were Katrina van Bengale, Maria van Bengale and Angela van Bengale. On 14 March 1680 (C.14) the manumission request for Maria van Bengale is presented to the Council and approved.

[Angela van Bengale had been granted her freedom 14 years prior, on 13 April 1666!]jh

Met die koms van die slawe na die Kaap, moes Van Riebeeck toesien dat niemand Portugees, die lingua franca in Asië, met slawe praat nie en dat geen ander taal as “ons Moedertaal” teenoor hulle gebruik sou word nie. Die Kompanjieslawe se kinders het onderrig in Nederlands ontvang, hetsy in die slawelosie of in die ander Kaapse skole. Dit blyk dat die slawelosie se “Schoolmeesters” van wie daar in die Resolusies berig word, die “Neederduijtsche Taal” volkome magtig was: Hans Jacob Jurgen van de Caab, op die boeke bekend as Hans Jacob van Mariabeen, doen aansoek om vrygestel te word (2 Junij 1744, C.122); hy kon Nederlands vlot praat en was toe reeds omtrent 15 jaar skoolmeester. Een van die vereistes om uit slawerny vrygestel te word, was juis die bewys dat die aansoeker die “Neederduijtsche Taal” volkome magtig was. Die tweede vereiste was dat die aansoeker die Christelike geloof aanvaar en gedoop word. Die derde en laaste vereiste was dat die aansoeker ’n slaaf, liefs ’n “kloeke manslaaf” in sy of haar plek moes kon aanbied of anders die geldsom gelykstaande aan sodanige slaaf aan die Kompanjie moes betaal alvorens hy of sy vrygestel sou word.

With the arrival of slaves at the Cape, van Riebeeck had to see to it that no one spoke Portuguese, the lingua franca in Asia, with slaves and that no other language then “our Mother tongue” was used with them. The Company slaves and their children received education in Dutch, in the “slavelosie” or in other schools at the Cape. Apparently the “Teachers” in the slavelosie mentioned in the Resolutions, were fluent in the use of the ”Neederduijtsche Language”: Hans Jacob Jurgen van de Caab, in books known as Hans Jacob van Mariabeen, applies for manumission (2 June 1744, C.122); he was fluent in Dutch had already been a teacher for 15 years. One of the conditions to be freed from slavery was, proof that the applicant was fluent in the use of the ”Neederduijtsche Language”. The second condition that the applicant accepted the Christian faith and was baptized. The third and last condition was that the applicant gave a slave, preferably a “healthy male slave” to work in his or her place or give the value of such a slave to the Company before he or she was given freedom.     

Angela van Bengalen

In 1655 koop Jan van Riebeeck die slavin Angela van Bengale(n) by Pieter Kemp. Toe Van Riebeeck se kleindogter, Johanna Maria, die Kaap in 1710 besoek, skryf sy in ’n brief van “Ansiela”, die vrou wat haar vader en sy broers en susters (d.w.s. die Van Riebeeck-kinders) opgepas het. Sy skryf verder dat Ansiela later met ’n Hollander getroud is en dat haar dogter die vrou van kaptein “B.” was. Dit is inderdaad so dat “Maai” Ansiela, ná haar vrystelling met Arnoldus Basson getroud is en die stammoeder van die Basson-familie in Suid-Afrika geword het. (Maai is blykbaar afgelei uit moei ‘tante’ [1e keer gedokumenteer 1201-1250] wat eintlik die vleinaam is vir moeder. WNT).

In 1655 Jan van Riebeeck buys the slave Angela van Bengale from Pieter Kemp. When van Riebeeck’s grand-daughter visits the Cape in 1710, she writes a letter about “Ansiela”, the woman who baby-sat for her father and his brothers and sisters. ( the van Riebeeck children) Further she writes that later Ansiela marries a Dutchman and that her daughter marries Captain Bergh. It is indeed a fact that ‘Maai” Ansela, after gaining her freedom married Arnoldus Basson, thus becoming the root-ancestor for the Basson family in South-Africa.

Terwyl Angela nog ’n slavin was, is haar dogter, Anna de Koning, uit ’n buite-egtelike verhouding met ’n Europeër gebore. Anna was nie net mooi van aansien met fynbesnede gelaatstrekke nie, maar was ook geletterd en het met ’n vaste hand dokumente onderteken. Sy was met kaptein Oloff Bergh getroud en het op haar beurt die stammoeder van die Bergh-familie in Suid-Afrika geword.

While Angela was still a slave, her daughter Anna de Koningh was born from an out-of-wedlock relationship with an European. Anna was not only pretty with fine sculptured features, but also literate and she signed documents with a steady hand. She was married to Captain Olof Bergh, and she became the root-ancestor of the Bergh family in South-Africa.

Soos soveel ander inwoners van Cabo gedoen het, het Angela waarskynlik ook vendusies bygewoon, hoewel sy self min aangeskaf het te oordeel aan die min kere wat haar naam in die vendurolle voorkom. Op 15 Maart 1719 koop sy as Maij Ansla “1 zadel met 1 kruithoorn” vir 1 riksdaalder op die vendusie van wyle die vermoënde Engela Breda (MOOC10/2.19). Haar naam verskyn weer in haar oorlede seun Michiel Basson se vendurol gedateer 21 November 1719, aangesien die goedere “ten huijse van Ansla van Bengalen zijn verkogt”. Al wat sy toe gekoop het, was “1 mantje met poppe goet” teen 4:5 riksdaalders – dalk om iets daarvan vir die kleinkinders te maak? (MOOC10/2.17)

Like many residents of the Cape, Angela probably attended auctions, although judging by the auction records on which her name appeared, she did not buy much. On 15 March 1719 Mother Ansla buys "1 Saddle with 1 powder-horn" for 1 rijksdaelder at the auction of the late Engela Breda (MOOC10/2.19). Her name appears again in the auction records for her late son Michiel Basson, dated 21 November 1719, since “the goods are sold at the home of Ansla van Bengalen”. The only thing she bought was “1 basket with doll-making things” for 4:5 rijksdaelder – probably to make something for her grand-children? (MOOC10/2.17)

Ansla van Bengalen se boedelinventaris is gedateer 18 Julie 1720 (MOOC8/4.15). Ek het probeer bepaal hoe oud sy ten tyde van haar dood kon wees. Veronderstel dat sy 15 was in 1655, dan was sy 80 in 1720, wat werklik ’n hoë en soos ons sę ’n geseënde ouderdom vir daardie tyd was.

Ansla van Bengalen’s estate-inventory is dated 18 July 1720 (MOOC8/4.15) I tried to determine her age at the time of her death. Supposing that she was 15 in 1655, then she was 80 in 1720, which shows what a blessed age she reached for her time.

Die erfgename tot hierdie boedel behorende was die volgende:

“Anna de Koning, huisvrouw van den edle capitijn Olof Bergh
Catarina van der Sanden getrouwe met Gijsbert la Febre
Arnoldus Maasdorp
Jan van As, Matthijs van As, Willem van As – kinderen van Jacobus van As
Arnoldus Basson, Matthijs Basson – kinderen van Willem Basson
Arnoldus Basson, Michiel Basson, Jan Basson – kinderen van Michiel Basson”

[Sowel Anna de Koning as Jacobus van As was voorkinders van Angela van Bengalen.]

The heirs for the estate were the following:

Anna de Koningh, spouse of the noble Captain Olof Bergh                                                                                           Catarina van der Sanden married with Gijsbert la Febre                                                                                              Arnoldus Maasdorp
Jan van As, Matthijs van As, Willem van As – children of Jacobus van As
Arnoldus Basson, Matthijs Basson – children of Willem Basson
Arnoldus Basson, Michiel Basson, Jan Basson – children of Michiel Basson

[Both Anna de Koningh and Jacobus van As are children of Angela van Bengalen]                                                                                          

Angela het volgens haar inventaris ’n “thuijn” in die Tafelvalleij besit. Die volgende vertrekke word in die dokument genoem: ’n kamertjie aan die regterhand waar o.a. gelys word “1 paar silvere gespen toebehorende Arnoldus Willemse Basson”, haar oorlede man, “1 schilderij van Willem Basson”, haar oorlede seun. Dan was daar nog “5 hemden, 1 lakens, 7 kussen slopen by juff:r Bergh” (Anna de Koning). Die volgende vertrekke of plekke is ook gelys, naamlik die “combuis, voorhuijs, solder, afdakje, thuijnhuis” (met tuin- en ander gereedskap), “kelder” en “bottelary”. Volgens die inventaris het sy ook 5 slawe, 39 stuks bokke en ’n buiteplaas genaamd Hondswyk besit. Die slawe in Cabo was Jan Swart van Mallebaar, Louis van de Kust, Augustus van Bengalen, Martha met haar kind en Susanna met haar kind.

Angela owned according to her inventory a “garden” in Tablevalley. The following rooms are mentioned in the document: a room on the right- side used for reading “1 pair of silver gespen?” belonging to Arnoldus Willemse Basson”, her late husband,  “1 painting of Willem Basson”, her late son. Then there were “5 shirts, 1 sheet, 7 pillow-cases at Miss Bergh” (Anna de Koningh). The following rooms or places are also mentioned: “combuis?, voorhuis  parlor?, attic, porch, garden-hut” (with garden and other tools), “basement” and wine-cellar”. According to inventory she also had 5 slaves, 39 goats,  and a country place she owned called Hondswyk. The slaves in Cabo were Jan Swart van Mallebaar, Louis van de Kust, Augustus van Bengalen, Martha with child and Susanna with child.

Op 23 Augustus word Ansla van Bengalen se besittings in die Tafelvallei verkoop. Die Bassons het niks gekoop nie, maar Oloff Bergh het wel ’n paar items gekoop, o.a. “1 vrouw zadel” “1 silver snuifsdoos weegt 2 loot”, “1 bett met een peuluw”, 2 goue ringe elk met ’n steentjie, “1 kist met cooper beslag” en “1 jonge genaamt Jan Swart van Malle Baaren”. Die twee slavinne is ook verkoop: “1 meijd met een kindt genaamt Marta” aan Hendrik Ewersdeijk (die name het hier ’n bietjie verkeerd geloop), en “1 meijd Sussanna met haer kind” aan m:r Richter. (MOOC10/2.13). By dieselfde vendusie is “een meijd genaamt Petronella van de Caab met haer kind” teen 141 riksdaalders aan Tomas Verrijn verkoop vir die rekening van die erfgename van wyle Michiel Basson. (MOOC10/2.17 1/2)

On 23 august 1720 the possessions of Ansla van Bengalen in Tablevalley  are sold. The Basson’s do not buy anything, but Olof Bergh did purchase a few items including, “1 ladies saddle” “1silver snuff-box weighting 2 loot?”, “1 bed with a  spread”, 2 gold rings both with small stone, “1 chest lined with copper” and “1 boy named Jan Swart van Malle Baaren”. Two female slaves are also sold: “1 maid named Marta with child” to Hendrik Ewersdeijk (the name here went a bit wrong), and “1 maid Susanna with child” to Richter. (MOOC10/2.13). At the same auction “the maid named Petronella  van de Caab with her child” against 141 rijksdaelders to Tomas Verrijn for the account of the heir of the late Michiel Basson

Die vendurol van 14 September 1720 bevat die verkoopte goedere op Angela se plaas genaamd Hondswijk. Dit is ook heeltemal ander persone wat na die veiling gekom en goed gekoop het, omdat die plaas op die platteland geleë was. Vanne soos Viljoen, Roux, Marais, Lombart, De Plaisij, Zeenekal, Van Wijk, Meijboom, Roos, Prinslo, Pinar en De Venter kom voor – geen Basson of Bergh nie. Daar was slegs 3 slawe op die plaas, naamlik Pieter, Trompetter en Claas, al drie van Madagaskar wat deur onderskeidelik Hendrik Mholl, Wouter de Vos en Pieter Willemsse van Heerden gekoop is.

The auction records of 14 September 1720 contain the goods sold at Angela’s country place called Hondswijk. This is an entirely different crowd attending this auction and buying, because the place is out in the country-side. Vanne soos Viljoen, Roux, Marais, Lombart, De Plaisij, Zeenekal, Van Wijk, Meijboom, Roos, Prinslo, Pinar en De Venter appear – no Basson or Bergh either. There were only 3 slaves at this place, Pieter, Trompetter and Claas, all three from Madagscar and bought respectively by Hendrik Mholl, Wouter de Vos and Pieter Willemse van Heerden.

2.5 Bannelinge is bandiete / Banished is bandit

Die woorde balling en banneling beteken dieselfde. ’n Bandiet was ook iemand wat verban is. Tans is die woord verouderd in Nederlands maar kom wel nog in Afrikaans voor waar dit verwys na ’n veroordeelde wat tronkstraf ondergaan.

Die woord tronk (in tronkstraf) is tans eie aan Afrikaans. Dit kom uit koloniale Ndl. tronk (1663) en is ontleen aan Port. tronco ‘blok waarin voete van misdadigers gesluit word’, asook ‘gevangenis’.

The words banned and banished have the same meaning. A Bandit was also someone banished. The word is no longer in use in Dutch, but is still used in Afrikaans where it points to a convict sentenced to leg-irons.

The word tronk (in tronksraf) is typical Afrikaans. It comes from colonial Dutch borrowed from Port. Tronco is a block in which the feet of criminals were enclosed, also ‘prison’.    

2.5.1 Algemeen / General

Sedert die begin van die 18e eeu het die Kaap ’n plek geword waarheen bannelinge asook misdadigers wat lang vonnisse deur die howe in Oos-Indië opgelę is, gestuur is. Die volgende plekname wat in die “Bandietenrollen” voorkom, gee ’n aanduiding waar hierdie howe in die Ooste geleë was, naamlik Batavia, Nagapatnam, Colombo, Jassanapatnam, Samarang, Gale en Cheribon.

Since the beginning of the 18th century the Cape has become a place where banished and criminals who received long sentences from the courts in the East Indies were sent. The following place-names that appear  in the “Bandit-records, give an indication of where the courts in the East were, Batavia, Nagapatnam, Colombo, Jassanapatnam, Samarang, Gale en Cheribon.

Alle soorte mense is van Oos-Indië en Suid-Asië na die Kaap verban. Aan die begin was die meeste van hulle politieke gevangenes en geestelike leiers, asook persone van hoë stand wat vanweë ’n verskeidenheid redes by die owerhede in hul lande van herkoms in onguns verval het. Later is daar egter ook misdadigers hierheen gestuur.

All sorts of people from East-Indies and South-Asia were banished to the Cape. In the beginning most were political prisoners and spiritual leaders, also persons who for different reasons got into trouble with the authorities in their place of origin. Later criminals were also sent here.

Onder die bannelinge was lede van koninklike families (wat in talle gevalle deur hul entourage vergesel is), hoë amptenare, gebieds-/gemeenskapshoofde en vyande van die staat. Ons het deurentyd Oosterse koninklike titels, range en benamings in die transkripsies teëgekom: woorde soos: Bappa/Pappa ‘heer’, Dipati, ‘regent van die eerste rang’, Orangkaja ‘dorps- of landschapshoofd’ (Mal. lett. ‘rijk mens/man’), Patih ‘titel vir Maleise en Javaanse hoofde, oorspr. heer’, Raden ‘inheemse titel op Java-lid van die vorstelijke geslag van mindere rang as ’n pangeran’, Radja ‘Koning’ ook ‘titel van ’n dorpshoof van hoë status’ en Sultan ‘in Persië het ’n sultan die betekenis van goewerneur van die 2e rang gehad’.
Oosterse adellikes is gereeld na die Kaap verban. Indien hulle as gevaarlik beskou is, is hulle na Robbeneiland gestuur. Ander Oosterse bannelinge is toegelaat om in die Kaap en in die distrikte te woon.

Amongst the banished were members of royal families (in many cases accompanied by their entourage), high officials, regional and communal- chiefs and enemies of the state. The Eastern royal titles, ranks and names that we find in documents: words like: Bappa/Pappa ‘gentleman’, Dipati, ‘regent of the highest order’, Orangkaja ‘communal or regional-chief’ (Malaysian literally rich person/man’), Patih ‘title for Malaysian and Javanese chiefs, originally gentleman’, Raden ‘indigenous title on Java for members of the  royal families of lower ranks as a’ pangeran’, Radja ‘King’ also title of a village-chief of high status ’and Sultan ‘in Persia a sultan was a governor of the 2nd rank’. Eastern nobility were often banished to the Cape. If they were considered dangerous, they were sent to Robben Island. Other Eastern exiled were given permission to live in the Cape district.

Een sodanige geval was dié van twee Javaanse broers, pangeran Loring Passir en pangeran Dipa Nagara. (Pangerang is ’n adellike titel wat op Java gebruik is vir die seuns van regerende vorste, en ’n adellike titel in Oos-Indië vir ’n inlandse prins of persoon van hoë rang.) Aan die hand van die Resolusies was dit moontlik om ’n oorsig te verkry oor hulle doen en late waarby die Politieke Raad belang gehad het. In 1716 het die VOC aan Loring Passir huisvesting in Stellenbosch verskaf. Toe Dipa Nagara en sy gevolg in die Kaap aankom, het hulle sedert 1724 die huisvesting met die Passir-huishouding gedeel.

One such case was of the two Javanese brothers, pangeran Loring Passir and pangeran Dipa Nagara .(Pangerang is a royal title used on Java for the sons of reigning monarchs, and royal title in the East-Indies for aboriginal prince or person of high rank.) In regard of the Resolutions this was possibly so that the Political Council gained insight into what the brothers were doing or not doing. In 1716 the VOC granted accommodations in Stellenbosch to Loring Passir. Dipa Nagara en his entourage arrived at the Cape in 1724, they had to share accommodation with the Passir-household.

Aan die hand van gegewens in die Resolusies en ander argiefbronne kon selfs die ligging van die stuk grond bepaal word. Die navorsing oor die prinse se lewe aan die Kaap is gepubliseer in Capensis 2/2007 onder die titel “Oosterse Adel aan die Kaap. Gedokumenteerde verhaal van die prinse Loring Passir en Dipa Nagara”.

Looking at the information in these Resolutions and other archival sources one can determine where the property was located. The life of these princes at the Cape was published in Capensis 2/2007 with the title “Eastern Nobility at the Cape. A documented story of the princes Loring Passir and Dipa Nagara”.

2.5.2 Oosterse bannelinge gekoppel aan ’n bepaalde geloof  Eastern exiles coupled to a certain religion

Die bekende uitdrukking “Christen, Moor en Mohammedaan” wat ‘almal’ beteken, kom goed te pas wanneer daar vanuit ’n godsdiensperspektief gekyk word na diegene wat as straf uit die Ooste na die Kaap verban is.

The known expression “Christian, Moor or Mohammedan” fits when out of religious-perspective one looks at those that are sent as punishment from the East and banished to the Cape.   

Daar was godsdiensleiers, soos Norman/Noriman, ’n ‘Mahometan’ priester van Batavia wat lewenslank na die Kaap verban is, saam met sy dogter Nogie en seuns Kassar en Koerie (1784), CJ2568). In ’n hele paar vorige lyste waarin die priester se naam verskyn, word dit nou en dan gevolg deur dié van sy dogter, maar is slegs een keer ook deur dié van sy seuns. So begin mens naderhand vermoed dat die familielede dalk by dieselfde oortreding betrokke was en dieselfde straf ontvang het; dit kon egter ook wees dat die kinders jonk was en sonder hulle vader geen heenkome in die Ooste gehad het nie. Die pleknaam, Batavia, is slegs in een geval aan hom gekoppel, naamlik in die lys van 3 Junie 1788. Dit blyk duidelik uit hierdie geval hoe stukkies inligting oor dieselfde persoon oor ’n tydperk langsaam vermeerder omdat die gegewens in verskillende lyste voorkom of soos hier die geval, ook saam met die name van gesinslede. Minte, ’n voormalige prins van Ternaten wat op 24 October 1766 tot lewenslange gevangenskap aan die Kaap gevonnis is, is een keer verkeerdelik as ’n priester gelys.

There was religious  leader, like Norman/Noriman, a Mohammedan priest from Batavia who was banished for life to the Cape, together with his daughter Nogie and sons Kassar and Koerie (1784), CJ2568). In several previous lists where his name appears, it is followed every now and then by the name of his daughter, but only once by the name of his sons. So afterwards one suspects that the family member was involved with the same violation and thus received the same punishment; this could however also indicate that the children were young and without their father did not have a future in the East. The place name, Batavia, is only coupled to them once, in the list of 3 June 1788. This case clearly proofs that fragmented information in several lists for the same person multiplies through time. The same goes for the names of the family members. Minte, a past prince of Ternaten who on 24 October 1766 was sentenced to lifelong imprisonment at the Cape, was wrongfully listed as a priest.   

Buiten om soos in bogaande geval spesifiek na ’n Mohammedaanse geestelike te verwys, is daar nie oor die algemeen melding gemaak aan watter geloof die bannelinge behoort het nie; hieruit wil dit voorkom asof Mohammedanisme as die norm beskou is. Die rede vir hierdie aanname is dat daar elke keer wanneer ’n Christen ter sprake was, dit duidelik gestel is. Ook wanneer ’n persoon as ’n Moor beskou is, is hy as sodanig in die lyste aangedui.
Aansluitend hierby is die volgende paar benamings wat in ons transkripsies voorgekom het:

Outside of the specific case above which points to a Mohammedan cleric, in general no mention is made of the religious beliefs of the exiled; out of this we can conclude that they considered Mohammedans as the norm. The reason for this is that whenever it’s about a Christian, it is duly noted. Also when one is considered a Moor, he is indicated as such. Attached a couple of names found in our transcriptions.   

Wat Moslems betref / Concerning Muslims

Moor: dit is die naam waarmee daar in Voor-Indië na ’n Mohammedaan verwys is. In die ou generale missive is moor oor die algemeen gebruik om na Moslem te verwys. Geleidelik het die betekenis verander om te verwys na ’n (Moslemse) onderdaan van die grootmogol van Ceylon.

Moor: this is the name used in Voor-Indië indicating a Mohammedan. In old general usage moor was used for Muslims. Gradually the meaning changed and Muslim was used for subjects of the Grand-Mogul of Ceylon. 

’n Imam is die voorganger by die salat (die rituele godsdiensoefening wat vyf keer daagliks deur die Islam voorgeskryf word). By uitbreiding kry die woord die betekenis van ‘leier van die Moslemgemeenskap’.
Kaffer was die algemene benaming vir die ‘diefleiers’ (dienaars van die fiskaal wat belas was met die aanhou en teregstelling van diewe en ander misdadigers of oortreders). Dit was meestal gespierde negers uit Angola of Mosambiek. Die woord kaffer is geleen uit Arabies kafir ‘ongelowige, nie-Moslem’.

An Imam is the leader of the salat (the religious ritual practiced five times a day as prescribed by Islam). By extension the meaning of this word changes to “leader of the Muslim community” Kaffer was the word generally used for ‘diefleiers’ (officials of the attorneys  responsible for arresting and sentencing thieves, criminals and others who broke the law). In most cases these were muscular Negroes from Angola or Mozambique. The word kaffer is borrowed from the  Arabic kafir ‘non-believer or not of the Muslim faith’.  

Wat Hindoes betref  Concerning Hindoes

Gentief: dit is die naam waarmee daar in die VOC-tyd in Voor-Indië na ’n hindoe verwys is (meervoud gentieven). Aanvanklik het dit verwys na die hindoes wat Telugu gepraat het. Die word kom uit Portugees gentio ‘heiden’.

Guru: dit verwys na ’n leraar, hoof van die Sikh-sekte.

Gentief: name used during the time of the VOC in Voor-Indië  for Hindoes (plural gentieven). Originally used for Hindoes speaking Telegu. Derived from the Portugese gentio ‘gentile’.

Guru: teacher, leader of the Sikh-sect

Wat Christene betref  Concerning Christians

Inlands Christen, verwysend na Mardijker.

Aboriginal Christian, indicating a Mardijker

Mardijker het oorspronklik verwys na ’n vry inlander wat buite sy eie stamland woon; ook vrygelate slaaf en sy afstammelinge. Omdat die Christenslawe eerste in aanmerking gekom het vir vrylating, word mardijker herhaaldelik gebruik in die betekenis van ‘inlandse Christen’. Maleis merdika beteken ‘vry’. Ook in die stad wonende vrye Asiaat van nie-Ambonese afkoms.

Mardijker originally indicated a free aboriginal living outside of his tribal area; also a freed slave and his descendants. Because Christian slaves were considered first for freedom, the word mardijker is frequently used for ‘aboriginal Christian’. The Malaysian word merdika means ‘free’. Also free non-Ambonese Asians living in the city.

Toepas, ook topas, in ons boeke dikwels ook toepasserij (meervoud). Dit is die benaming van ’n vry Christen-inlander op Malabar, Coromandel en Ceylon, veelal vrygelate slawe, vergelykbaar met die mardijker. Moontlik was hulle afstammelinge van gemengde bloed, hoewel oorwegend van inheemse herkoms. Prakties was hulle inlanders. In Cochin het die VOC hulle as burgers erken. Hulle het gedien onder andere as soldate, ambagslui en arbeiders.

Toepas, also topas in our books frequently toepasserij (plural). This is also the name for free Christian-aboriginals on Malabar, Coromandel and Ceylon, frequently freed slaves comparable with mardijker. Possibly there roots were of mixed blood, but in most of  aboriginal origin. Practically they were aboriginals. In Cochin the VOC recognized them as burgers (citizen). They served as soldiers, artisans and workers

Wanneer ’n banneling in ons transkripsies tot die parrua of “parruas” behoort het, is dit aangedui. Hierdie mense was St. Thomas Christene en lidmate van die Siriese Kerk in Indië en skismatiese (afgeskeie) Christene onder die Siriese Patriargaat.

Whenever an exiled in our transcriptions belongs to the parrua or ‘parruas’, this is indicated. Here the St. Thomas Christians and  members of the Syrian Church in India and schismatic Christians under the Syrian Patriarch. 

Die Parruas was afkomstig van die kus van “Mandurai” en het hulle uitsluitlik op pęrelduikery toegelę. (Die pleknaam is eintlik Madurai, wat nie verwar moet word met Madura in Indonesië nie.)

The Parruas origin was the coast of “Mandurai” where they were pearl-divers. (The place name is really Madurai, and should not be confused with Madura in Indonesia.)

Hulle het gewoonlik ook Portugese voor- en familiename gehad. In 1725 het “parua” Manuel Francisco de Coenje aan boord De Jacoba in die Kaap aangeland. Tien jaar later is Michiel wat in Jaffanapatnam uit die “paruas geslacht” gebore is, na die Kaap verban. Volgens ’n inskrywing van 6 Oktober 1757 is Christiaan Parra, ’n Christen uit die Ooste, teruggestuur na Batavia na ’n vonnis van 15 jaar aan die Kaap (CJ3190).
Die verhale van veral twee Christen-gevangenes wat in hierdie kategorie val, is so interessant dat ek dit graag aan u wil vertel. Hulle was Nicolaas Ondaatje en Manuel Thuart.

They normally had Portuguese surnames and family names. In 1725 the ‘parua” Manuel Francisco de Coenje on board of De Jacoba landed at the Cape. Ten years later Michiel  born in Jaffanapatnam out “paruas gender" was banished to the Cape. According to the registration of 6 October 1757  Christiaan Parra,  a Christian from the East, is sent back to Batavia, after serving a sentence of 15 years at the Cape (CJ3190). The stories of two Christian-prisoners falling into this category are so interesting that I would like tell them to you.

 Nicolaas Ondaatje §

Nicolas Ondaatje was in die eerste plek ’n “chittij” (kassier). [Chitty was in Agter-Indië die naam vir lede van die handelskaste; persoon behorend tot ’n groep mense wat hulle met die geldhandel besig hou, dus ’n kassier of bankier. Dit lyk asof hulle tot verskillende kastes kon behoort, maar wel gelyke leefreëls volg; handelskaste van Indiese oorsprong, op Ceylon aangedui as Colom chetties. In die agtiende eeu is daar hindoe-, katolieke en protestantse chetties aangetref.]
Nicolas Ondaatje was ook die voormalige “cannecappul” (skrywer, boekhouer en tolk) van die eerbare predikant Joan Bernhard Noordbeek. [Cannekappel was ’n inheemse skrywer, boekhouer, administratiewe amptenaar, ook tolk op Coromandel.]

Nicolas Ondaatje was in the first place a “chitij” (cashier). [Chitty was the name that members of the traders-caste in Agter-Indië used; for persons belonging to a group of people that occupied themselves with the trade of money, in other words a cashier or banker. It seems that they could belong to different castes, but followed the same rules; traders-cast of Indian origin, on Ceylon indicated as Colom chetties. In the eighteenth century we found hindu, catholic and protestant chetties. Nicolas Ondaatje was also the former “cannecappul” of the honorable Joan Bernard Noordbeek. [Was an aboriginal writer, accountant, administrative official, also interpreter on Coromandel.]

Hy en ’n ander Christen, Pattenaike Appoehami, wat ’n senior onderwyser aan die “Maturees Appohamijs school” was, het in 1728 met die Huijs Assenburg in die Kaap aangeland.
[“Maturees” is afgelei van Madurai, ’n stad in die Indiese staat van Tamil Nadu. Apuhami/Appohami is die Singalese titel vir ’n man uit ’n goeie huis, ’n landjonker; eretitel vir die seuns van hoofmanne.]

He and another Christian, Pattenaike Appoehami, a former  senior teacher at the “Maturees Appohamijs school”, landed at the Cape in 1728 on board of the Huijs Assenburg.  [“Matturees” comes from Madurai, a city in the Indian state Tamil Nadu. Apuhami/Appohami is the Singhalese title for a man from a good house, landed-gentry; honorable tile for the sons of chiefs.

Volgens die stukke wat voorgelę is aan die hof in die Kasteel in Colombo op 24 Oktober 1727 en die ekstrak-resolusie gedateer 9 November 1727 is Nicolas Ondaatje en Pattenaike Appoehami skuldig bevind aan afpersing (“concussie ofte knevelarij”); hulle moes die geld wat hulle op hierdie wyse van inlandse skoolmeesters verkry het, terugbetaal. Albei is eers “strengelijk gegeezelt” en toe vir tien jaar na die Kaap verban. Volgens ’n latere nota wat in die kantruimte geskryf is, is hulle tydens die uitdien van hulle vonnis aan die Kaap oorlede (CJ3186). In Ondaatje se geval kan dit bevestig word deur sy inventaris gedateer 2 September 1737 en sy vendusierol gedateer 5 November 1737 (onderskeidelik MOOC10/4.154 en 155). ’n Deel van sy karige besittings is verkoop aan huis van Jacob van Rhenen en die die res op die plaas van Daniel Walters. Laasgenoemde wat uit 1 langbroek, 1 baadjie, 1 sakdoek en twee boeke bestaan het, is vir 1:7 riksdaalders deur Hendrik Debits gekoop.

According to documents presented to the court in the Castle of Colombo on 24 October 1727 and the extract-resolution dated 9 November 1727 Nicolaas Ondaatje and  Pattenaike Appoehami are found guilty of extortion; they had to reimburse the moneys that they received from aboriginal teachers in this way. Both were first “firmly beaten” and then banished to the Cape for ten years. According to a later note written in the edges, both died while serving their sentences at the Cape (CJ3186).  In the case of Ondaatje this can be confirmed by his inventory dated 2 September 1737 and the auction records dated 5 November 1737  (MOOC10/4.154 en 155). A part of his meager possessions was sold at the home of Jacob van Rhenen and the rest at the home of Daniel Walters.  The latter consisted of 1 long-trousers , 1 shirt, 1 handkerchief and 2 books, sold to  Hendrik Debits for 1:7 rijksdaelder.

Hierdie geval was weereens bewys van die moontlikheid en voordeel van kruisverwysing tussen die onderskeie reekse wat in die projek getranskribeer is. Een van die lęers uit die MOOC14-reeks bevat briewe en ander dokumente van besondere waarde omdat hulle baie oor sy persoonlike lewe gedurende die nege jaar van sy verblyf aan die Kaap openbaar. Die dokumente wat deur Ondaatje geskryf is, is op netjiese en ordelike wyse gedoen, terwyl sy vaste handskrif, beroep en vaardighede op dié van ’n geleerde en opgevoede man. Uit sy korrespondensie blyk duidelik dat hy vlot Nederlands kon skryf en praat.

This case once again proofs the possibility that the cross-referencing between the chosen sections transcribed in the project. {I do not have a clue to what she is trying to say here!} jh  One of the folders in th MOOC14-series contains letters and documents of particular value because it shows what his personnel life at the Cape was like. The documents written by Ondaatje, were  neat and proper and his writing showed, the skill and knowledge of and educated and properly raised person. His correspondence shows that he was a fluent speaker and writer of Dutch.

In die miniatuur “Memorie Boeck van Nicolaas Ondatie”, het hy ’n lys gemaak van die skoliere vir wie hy tussen 1733 en 1736 onderwys gegee het. Aan die hand van die vanne sal bepaal kan word waar hy daardie tyd gewoon en gewerk het: Fori-kinders, Leries, Radijn, Fose, Malherbe, De Jager en Haarhoff. In die ander dokumente in Westerse skrif word na hom verwys as die “vrijswart Nicolaas Ondatie van Colombo”. Hy was ’n gerespekteerde vry man aan die Kaap. Sy voornaam en familienaam is hier gespel soos hy dit self geskryf het. [Uit onlangse navorsing blyk dat sy familienaam van Tamil-oorsprong is.]

In the miniature ‘Memory Book of Nicolaas Ondaatje”, he made a list of the students that he taught between 1733 and 1736. Using this list one can determine where he worked and lived: Fori-children, Leries, Radij, Fose, Malherbe, De Jager and Haarhoff. In other documents written  in Western-text they refer to “Quiteblack Nicolaas Ondatie van Colombo. He was a respected free man at the Cape. His surname and family name here are spelled as he wrote them. [Recent research shows that his family name is of Tamil origin.

Afgesien van korrespondensie wat aan die Kaap gevoer is, is een van die grootste vondse gevind in die sublęer getitel “Aan Koomende Brieffen van Colombo en Gale" van 1728 tot 1735. ’n Hele aantal is geskryf deur familie en vriende in Gale en Colombo (vergelyk kaart van Indië en Ceylon). Op die koeverte staan onder andere “Monsieur Nicolaes Ogendatie, scool meester tot Cabo de Goede Hoop”, terwyl die Portugees ook goed deurslaan met “Ao Sen:r Nicolas Ontatthi cette em morado de Cabo de Boespiransa”.

Apart of the correspondence from the Cape, one of the largest finds was the bundle titled “Arrived Letters from Colombo and Gale” from 1728 until 1735. Many are written by family and friends in Gale and Colombo (compare map of India and Ceylon). On the cover is written “Monsieur Nicolaes Ogendatie, school master to Cabo de Goede Hoop”, while the Portuguese impact also with “Ao Senor Nicolas Ontatthie cette em morado de Cabo de Boespiransa”.

Nicolas Ondaatje 1728-1737 (MOOC14/8)
Versameling briewe deur familie en vriende.
Memorie-boekie Collection of letters by family and friends

Hierdie briewe is blykbaar geskryf in Singalees “a rather aberrant form of Indo-aryan in the southern part of Ceylon” (Parlett, page 113). In die boonste linkerhoek van elke brief het Ondaatjie in Westerse skrif die naam van die sender en die persoon se woonplek geskryf, onder andere ‘van my moeder Joliana Ondatie Colombo’, ‘van Philip Jurgen Ondatje Colombo’, ‘van Matthijs Jurgen Ondatje Colombo’, ‘van Tomis Christoffel Colombo’, ‘van my moeder Juliana Roderigo van Colombo’, ‘van Willim Jurgen Ondatje Colombo 17 3/18 30’ en ‘van Evert Perera Gale’ (MOOC14/8). Hy het slegs twee briewe van sy moeder af ontvang, die laaste een in 1729. Later het die familie en vriende waarskynlik ook nie meer geskryf nie, want na 1735 is daar slegs korrespondensie wat aan die Kaap gevoer is. Die laaste brief in die lęer handel oor die twee guldens en tien stuijvers wat afgetrek word van die Ondatji-boedel vir die “salaris” en “coelie geld” verskuldig aan die Weeskamer vir die vendusie. Die datum was 30 Junij 1738. [Tans word die briewe in die Ooste vertaal en voorberei vir verdere navorsing.]

Here the letters apparently written in Singhalese “a rather aberrant form of Indo-Aryan in the southern part of Ceylon” (Parlett, page 113). In the upper left hand corner of every letter Ondaatje wrote in Western alphabet the name of the sender and their place of domicile, for example ‘from my mother Joliana Ondatie Colombo’, ‘from Philip Jurgen Ondatje Colombo’, ‘from Matthijs Jurgen Ondatje Colombo’, ‘from Tomis Christoffel Colombo’, ‘from my mother Juliana Roderigo van Colombo’, ‘from Willim Jurgen Ondatje Colombo 17 3/18 30’ and ‘from Evert Perera Gale’ (MOOC14/8). He only received two letters from his mother, the last one in 1729. Later the friends and family probably stopped writing, because after 1735 there is only correspondence from the Cape. The last letter in the leather bundle also the two guilders and ten nickels that are deducted from the Ondatjie-estate for “salary” and “coelie money” owed to the Orphan-chamber for the auction.  The date was 30 June 1738. [Currently the letters  are being translated in the East and prepared for publication.]

Net ’n laaste opmerking oor die taalnaam. As woord kom “Cingalees” dikwels voor in die “Bandietenrollen”. Dit word gebruik in die kolom waar die gevangene se plek van herkoms verstrek word. Interessant dus dat die taal wat hulle gepraat het dít was wat hulle onderskei het van die ander mense aan wie egte plekname gekoppel is.

A last remark for the language name. The word “Singhalese” appears frequently in the “Bandit-records”. This word is used in the column where the prisoner’s place of origin is indicated. It is interesting that the language they spoke differentiated them from others to whom a place name was coupled.

In die Resolusie van 27 Maart 1759 (C.137) is genotuleer van twee Cingaleese, Leander de Saram en Louis Perera wat toe pas van Stellenbosch na Swellendam oorgeplaas is. Landdros Adriaan van Schoor van Swellendam het sewe briewe onderskep wat deur hulle in Cingalees aan mense op Colombo en Punto Gale geskryf is. Juis omdat dit in Cingalees geskryf is, daar niemand in Swellendam die taal magtig was nie en die inhoud dus onbekend gebly het, is daar besluit om die briewe met die skip Walcheren aan die Regering op die eiland Ceylon te stuur. Hopelik het die geadresseerdes uiteindelik darem hulle Kaapse briewe ontvang.

In the resolutions of 27 March 1759 (C.137) is noted that two Singhalese, Leander de Saram and Louis Perera were being transferred from Stellenbosch to Swellendam. Magistrate Adriaan van Schoor van Swellendam had the letters  they wrote in Snghalese to people in Colombo and Punto Gale intercepted. Just because they were written in Singhalese, since no one in Swellendam could read these letters and the content unknown, he decided to send the letters on board of the ship Walcheren to the Government on the island Ceylon. Lets hope that the addressed finally received their letters from the Cape.

 Manuel Thuart §

Een van die interessantste “parrua”-verhale handel oor Manuel Doeart wat in 1747 op die Scheibeek in die Kaap aangekom het (CJ3186). Sy naam is ook dikwels in die Resolusies van die Politieke Raad genoem, waar dit geskryf is as Manuel Thiart/Thuart, wat klink soos ’n vernederlandsing van die Portugese Duarte.

One of the interesting “parrua”-stories deals with Manuel Doeart who in 1747 arrived at the Cape on board of the Scheibeek (CJ3186). His name is also mentioned frequently in the Resolutions of the Political Council, where the name is written as Manuel Thiart/Thuart, which sounds like the Portuguese Duarte has been given a Dutch touch.

Op 19 Julie 1746 is 5 “paruassen” waaronder Manuel Doewart, in die Kasteel van Colombo gevonnis om met roede gegesel, gebrandmerk en in kettings geplaas te word en om 25 jaar as bannelinge aan die Kaap te bly. Hulle is aangekla daarvan dat hulle die pęrelbanke besteel en gehelp het om hierdie pęreloesters te vervoer na Namenadewaran waar hulle dit probeer verhandel het. (CJ2564) Volgens ’n latere inskrywing moes Manuel Doeart van die “Paruassen” homself volgens vonnis aan die Kaap onderhou en as duiker vir die Kompanjie optree (1761, CJ3189).

On 19 July 1746, 5  “paruassen” including Manuel Doewart, were sentenced in the Castle of Colombo to a cane beating, branding,  placed in chains and banished to the Cape for 25 years. They were accused of robbing the pearl-bank and helping to transport the pearls to Namenadewaran where they tried to sell them. (CJ2564) According to later registrations Manuel Doeart of the “Paruassen” was sentenced at the Cape to earn his own living and be a diver for the Company 91761, CJ3189).

Soos gewoonlik is veral Manuel se familienaam op verskillende wyse geskryf: Doewart (CJ2564, CJ3188), Doeart (CJ3188) Duart (CJ3188) Doual en selfs Manuel van Douart, asof dit ’n pleknaamverwysing was (CJ2568) – almal was in bandietlyste van die slawelosie. Die opvallendste inskrywing was op 6 April 1778 as “Mamoet, Manuel Douart”, en net daaronder “Saijoet, Saaijht van Palanbang” – is dit dalk ’n dikteer- of luisterfout?

As usual the family name of Manuel is spelled with many variations: Doewart (CJ2564, CJ3188), Doeart (CJ3188) Duart (CJ3188) Doual and even  Manuel van Douart, as if this was indicating a place (CJ2564) – all found in the bandit lists of the slaves. The most notable registration was on 6 April 1778 as “Mamoet, Manuel Douart”, just underneath “Saijoet, Saaijht van Palembang” – is this a spelling error?

Op 18 Februarie 1755 word in die Resolusies (C.133) berig van Manuel Thuart van “Tutucorijn”, lid van die “Caste Parua” wat hulle op pęrelduikery toegelę het. [Tuticorin is ’n dorp geleë in Suid-Tamil Nadu, Suid-Indië, aan die Golf van Mannar, wat in 1658 deur die Nederlanders oorgeneem is.]

On 18 February 1755 the Resolutions  note (C.133) that Manuel Thuart of “Tutucorijn”, member of the “Caste Parua” is specialized in pearl diving. [Tuticorn is a village located in South-Tamil Nadu, South-India, on the Gulf of Mannar, that was taken over by the Dutch in 1658.]

Die skip Deunisveld het digby die kiel aan stuurboord ’n lekkasie ontwikkel en die amptenare belas daarmee, was bekommerd hoe dit herstel kon word. Hulle het besef dat hulle die diens van “een bequaam Duijkelaar” moes verkry om onder water ondersoek na die lekplek te gaan instel. Hulle onthou toe van die bandiet Manuel Thuart wat as gewese pęrelduiker net die regte persoon vir dié opdrag sou wees. Hy het op twee opeenvolgende dae tot sewe keer geduik, telkens 5 tot 6 minute onder water gebly en kon albei sye van die skip deeglik bekyk. Volgens hom kon die skeur aan die romp van binne herstel word.

The ship Deunisveld developed a leak on the starboard side close to the keel and the official in charge, had to figure out how this could be repaired. He understood that he needed the service of a “skilled dive master” to investigate the place of the leak. He remembered the bandit Manuel Thuart the ex pearl diver, and knew that this was the man for the job. On two consecutive days Manuel dove seven times, remaining every time for 5 to 6 minutes under water and checked both sides of the ship. He determined that repairs to the hull could be done from inside the ship.

Omdat Manuel hom met soveel ywer so goed van sy taak gekwyt het, het die Politieke Raad besluit dat hy nie langer bandiet sou wees nie. Goewerneur Tulbagh het ingestem dat Thuart 30 ryksdaalders as vergoeding ontvang. Hy is ook gekies as ekspedisielid om met die skip Schuijlenburg na die kontant en ander goedere afkomstig van die gestrande skip Breedenhoff by Delagoabaai te gaan soek. Tydens die Raadsvergadering van 10 Februarie 1756 (C.134) is berig dat die soektog volgens die joernale van skipper Hans Harmensz. en “commies” Dirk Westerhof vrugteloos was. Daar is nie weer in die Resolusies enigiets oor Manuel Thuart berig nie.

Because Manuel accomplished his job with diligence, the Political Council decided that he was no longer a bandit. Governor Tulbach agreed that Thuart should receive 30 rijksdaelders as compensation. He was also chosen as expedition member with the ship Schuijlenburg to look for cash and goods from the ship Breedenhoff stranded by Delagobaai. During the Council meeting of 10 February 1756 (C.134) is noted that the search according to the journal of Captain Hans Harmensz and “clerk” Dirk Westerhof  was fruitless. Nothing else is noted in the Resolutions nor anything about Manuel Thuart.

Ongelukkig het dié verhaal vir hom toe nie op volgehoue vryheid uitgeloop nie. Heel gou is daar van die goewerneur se toegewing vergeet, want enkele jare na die ekspedisie in 1761 – nog tydens Ryk Tulbagh se bewind – kom sy naam steeds voor in die naamrolle van bandiete wat in die slawelosie gewoon het (CJ3189). Hy is ook gelys in 1778 (CJ3189), in 1780 as “Manie Douart” (CJ2568), in 1781 as “Manuel Douart, duijker” en in 1782 net as “Manuel”. In 1783 is daar berig dat hy oorlede is in die tyd wat verloop het sedert die vorige lys in 1781 opgestel is. In die Slawelosieregister is aangeteken dat “Manuel Doual” op 9 Augustus 1782 as “bandiete kloeke jonge” oorlede is. (C.2628, folio 14).

Unfortunately this story does not end in freedom. Real soon the compensations of the governor are forgotten, because a few years after the expedition in 1761 – while Ryk Tulbach was still in charge – his name reappears in the name lists of the bandits living in slavery (CJ3189). He is also listed in 1778 (CJ3189), in 1780 as “Manie Douart” (CJ2568), in 1781 as “Manuel Douart, duijker” and  in 1782  as “Manuel”. In 1783  there is news that he died since the last list was published in 1781. In the slave registry is indicated that “Manuel Doual” died on 9 Augustus 1782 as “bandiete kloeke jonge”. (C.2628, folio 14

3. Ten slotte

Ons het vandag die groot seë bevaar en talle mense op ons verledetydse togte ontmoet. Deur die toeganklikmaking van ons kosbare argiefskat is ons toegelaat om darem ’n venstergrootte blik te mag hę op wat daar alles nog in die uitgestrekte verlede verdig lę.

Today we sailed the large oceans and we met many people on this journey of the past. By granting access to our invaluable archival treasure we gained insight to what else we still might find there in this extended past.

Bronne

Benewens die primęre bronne wat in die teks genoem word, is daar ook van die volgende sekondęre bronne gebruik gemaak:

Morris, William, editor. 1973. The Heritage Illustrated Dictionary of the English Language. McGraw-Hill International Book Company.

Odendal, F.F. and R.H. Gouws. 2000. HAT. Verklarende Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal. Perskor, Midrand.

Pama, C.1983. Die groot Afrikaanse Familienaamboek. Human & Rousseau vir Leserskring. Kaapstad.

Van Veen, P.A.F. en Nicoline van der Sijs. 1997. Etymogish woordenboek. Van Dale Lexicografie, Utrecht/Antwerpen.